Laat weet ons wat jy dink, hoe jy voel….
Onthou, jou kommentaar verskyn nie dadelik op die www nie, dit neem ‘n paar uur.
Ons behou die reg om kommentaar te weerhou, af te keur of te sensor. Dit is net in gevalle waar ons voel dat dit onbillike of kwaadwillig van aard is. Enige persoonlike probleem of geskilpunt hierop uitgelig word nie gepubliseer nie, maar sal na die regte E.G. Jansen personeellid gestuur word.
So, laat ons asb van julle hoor!
17 Kommentaar
Comments RSS TrackBack Identifier URI

Hallo Jansen. Ek was in 1999 in Matriek by julle. Soos ‘n wyse onnie daar eendag vir my gese het, jy kan nie wag om klaar te maak met skool terwyl jy daar is nie, maar as jy klaar is sal jy sien jy wil eerder terug skool toe. dit is die reine waarheid Mnr Craig Smit. As ek kon, het ek terug gegaan Jansen toe. Dit was en is nog steeds die skool om oor te spog.
Ek kan nie glo dat Mnr Loots(die BESTE wiskunde onderwyser in my hele skool loopbaan en ook die eerste keer wat ek meer as 80% vir ‘n wiskunde eksamen gekry het, was toe Mnr Loots vir my klas gegee het!), Mnr Marais, Juf Slabbert, Juf Cloete nog by Jansen is nie! Ek onthou ook nog ‘n Mnr Cronje, Juf Hugget & Nel (rekenaar klasse), Mnr Marnitz, Juf Dempsey (sjoe, sy was darem maar ‘n streng ene!), Mnr van Vreden (die vriendelikste meneer!) en Juf Benade van die hotel skool. Wie van hierdie onnies is nog by die skool? Jansen het daai dae al ge-rock! Sjoe, hoe bring al die name nou BAIE lekker herinneringe terug!
Dis amazing hoe vinning tyd vlieg. Om te dink dat ek volgende jaar al 10 jaar terug ge-matrikuleer het! En ek onthou dit asof dit net laas jaar was. Ek sal nooit die angstigheid vergeet van daardie paar weke wat ons finale eksamen geskryf het nie. Alhoewel jy geweet het jy het hard en goed geleer vir die toetse, was daar altyd die gedagte in die agterkant van jou kop dat jou ‘grootmens lewe’ oor minder as ‘n paar weke gaan begin en dat jy jou eie pad moet begin volg. En as mens vandag terug kyk, dink jy vir jouself dat dit nie sooo erg was soos almal dit uitgemaak het nie
1)Die studies was hard, maar suksesvol aan die einde,
2)jou liefdeslewe het geblom en jy het begin leer van wat dit is om regtig om te gee vir iemand,
3)jou sosiale lewe het ge-skyrocket, want jy is nou mos ‘groot’ en daar hoef nie meer time limits aan enige aand uit te wees nie, tot jy jou kop so hard stamp dat jy moet terug gaan na ma & pa om advies te kry en dit het jou geleer om altyd te luister as wyse mense praat
4) jy begin werk en leer wat dit is om vir ‘n baas te luister en seker te maak daar is geld vir al die vieslike skuld wat jy aangegaan het, want jy kan mos nou, want jy is groot
5) jy begin leer van verantwoordelikhede, want almal se kar en huis moet aan die einde van ‘n maand betaal word en jy moet ook kos he om te eet
6) EN DAN trou jy met ‘n wonderlike persoon en dan leer jy wat dit regtig beteken om ‘n friend for life te he en hoe om saam te werk as ‘n span
7) EN DAN het jy jou eie kind en ewe skielik voel jou lewe volmaak en vervul, en dan……
8) …….EN DAN begin alles van voor af, want dan moet jy die klein tjokkertjie alles leer wat jy weet. Dit is presies waar ek al in my lewe is vandag.
Dit was tough om deur al die moeilike stappe en hard learnt lessons van die lewe te gaan, maar op die ou einde van die dag kan ‘n mens sit en terugdink, soos vandag, aan waar dit alles begin het. Sonder ‘n begin, kan daar nie ‘n einde wees nie. Sonder EJ Jansen en my wonderlike ouers & familie, sal ek nie die great persoon wees wat ek vandag is nie! Dit is nog ver nie my einde nie, want ek sal die boodskap van ‘AANHOUER WEN’ wat EG JANSEN in my kop in gedril het nooit ooit vergeet nie. This eagle still needs to fly!
Dit sal regtig GREAT wees as julle foto’s van ouer Jansie skooldae ook op die website kan sit, onder jaar volgorde natuurlik. Ek weet van baie ou Jansies wat ongelukkig GEEN skoolfoto’s van hul jare het nie en weet dit sal baie smiles op baie gesigte sit as julle so iets kan doen. Klas foto’s, Sport foto’s, algemene foto’s, revue foto’s, sokkie foto’s, etc. Of hier’s ‘n idee, miskien kan julle soos ‘n past 20 years foto uitstalling event te hou en al die foto’s laat vergroot (of nie) en verkoop aan oud-jansies (of so iets). Dalk nie eers ‘n event nie, maar dit kan van die website af gedoen word.
Is daar dalk al enige informasie oor die ’01 reunie? Ek bly ongelukkig nie meer in SA nie en sal ‘n paar weke voor die tyd al reelings moet maak sodat ek seker kan maak ek woon dit by! Laat weet asseblief as julle enige informasie omtrent die funksie al het.
Boodskap aan al die current Jansies – Byt vas, dit kom eventually tot ‘n einde
Boodskap aan al die ou Jansies – Enjoy what life has to offer and keep in touch with old friends
Boodskap aan al die onderwysers van my tyd – Pat on the back for a job superbly done!
Ou Jansie groete
Bernice Vorster (nee Blackie)
Matriek “98″
Wat ‘n eer om My skool hier in Mosselbaai raak tel loop, Juffrou Auckamp my wonderlike Wiskunde Onderwyserres, En die res van die Netbal Spanne wat hier in George kom deel het aan die Netbal “Fees” soos hulle dit noem, dan ook die wonderlike koor!!!!!!!!!!!!!
OP Tv sien ek ook die Netbal kleniek wat by die skool behartig word en loop ek baie mense raak wat weet van die beste skool in die Oosrand.
En wat die snaakste van alles is ek getroud met een van ons Aardsfeinande wat ook hier ver in Mosselbaai bly Ja hy was in Jeugland.
Jansen ,Mnr Mare , Mnr Enslik (beste Rek onnie wat daar is) Mnr Van Vreden en Mnr Loots julle bou ‘n wonderlike toekoms vir so baie kinders, dankie vir alles wat julle vir die skool doen.
Dit was die beste jare!!!!!!!!!!!
xxxxxxxxxxxxxx
Hallo daar,Ek is n oud Jansie en het in 1965 gematrikuleer.Ek woon vir baie jare reeds in Randburg waar my kinders ook skool gegaan het.Ek wil julle verseker dat ek al die jare jul prestasies meeleef en sommer baie trots is op my almaters.Ek was kaptein van die eerstespan in my matriekjaar.Die grondslag wat by E.G.Jansen by my gele was was n rigsnoer my lewe deur en kan ek duidelik sien dit is nog van dieselfde hoe standaard as destyds.Ons Jansies handhaaf mos dit wat saak maak in die lewe.
Jansie groete,
Callie Cilliers.
Hi Callie
Ek is so opgewonde om na al die jare van een van my matriekmaats van 1965 te hoor.
Kontak my asseblief by annanda@telkomsa.net
Ek bly in Kaapstad en het deur al die jare enige nuus van die skool met groot belangstelling gevolg – veral die rugby. Ja, van my beste jare was van 1961 – 1965 met wonderlike onderwysers soos ‘ou pan’ Mnr. van Rensburg, Mnr. Graham en ‘Mam’ Mev. v. Schalkwyk. Ek is baie trots op my alma mater as ek sien hoe die skool net vooruitgaan en op alle gebiede presteer.
Ai dit is nog steeds lekker om ‘n Jansie te wees.
Groete
Annanda Hugo (nee le Roux)
Op ‘n dag van nostalgie hier in verre Amerika is dit wonderlik om te sien dat E.G. Jansen so goed doen en al die Jansies so blom. Ek het in 1988 matrikuleer en sal altyd dankbaar wees vir die goeie grondslag wat ek ontvang het as ‘n Jansie. ~Ons Sal Handhaaf!
Ek het matriek in 1992 voltooi en voel nogsteeds trots om n ex-Jansie te wees as ek sien hoe goed Jansen nog doen. Graag wil ek weereens dankie se aan Mnr. Mare wat toe al ons skoolhoof was. Jy het die leisels in my 3de jaar oorgeneem en n daadwerklike verskil gemaak in elke opsig. Ek het my tyd op skool terdee geniet!
Enige van my skoolmaters vanaf `88 – `92 kan gerus van julle laat weet. Ek bly tans in Turkye en kan of ge-SKYPE word op `careforanimals` of my epos adres: leemelsantos@yahoo.co.uk
Melanie van Reenen (nee – Dos Santos)
Incredibly great read. Truely..
Dis ‘n Stunning website! Trots daarop om ‘n Jansie te wees, Matriek ’94, julle was die beste!
Magriet
Ek het Matriek (of soos jul nou se GR 12) in 1985 voltooi. My tyd by E.G. Jansen was die beste tyd ooit.
Om die skool so te sien blom, is fantasties, en onthou, al is ons nie daar nie, en al woon ons in die verte, verneem ons graag gereeld hoe dit met ons alma mater gaan.
Julle doen ‘n wonderlike werk, en ek is meer trots as ooit tevore om te kan se dat ek ‘n trotse Jansie is.
Hou so aan.
SJOE!!! Ek is verskriklik beindruk met jul nuwe “look”. Well done, dit lyk fantasties. As ek so kyk na al die opwinding wat julle beleef in 2010 dan laat dit mens nogal terug dink… Ek wil vir Jansen dankie se vir alles wat julle my kon bied deur al die jare wat ek daar was, dit was regtig vir my ‘n vooreg om deel te kon wees van Jansen se sukses. Mis julle baie!!! Ek se ook graag dankie vir Juf. Cloete. Juffrou het regtig ‘n groot aandeel in die sukses wat ek beleef het deur 2009. As daar nou een ding is wat ek geleer het by juffrou, is dit nie, dat vir elke debiet daar ‘n krediet is nie, MAAR dat alles in die lewe wat die moeite werd is, kom nie maklik nie!!!!!!!! Dit IS die waarheid. Sterkte vir die jaar wat voorle Jansen.
Jansen 2009 Akademie. Geluk met die uitslae maar dit is hartseer om te sien dat daar nerens melding gemaak word van die 3 leerlinge wat onder die TOP 10 van die Distrik was nie. Sjoe is julle nie trots op hulle nie. Daar behoort deeglik melding hiervan gemaak te word want ek is seker dit gaan nie gou weer gebeur nie.
Daniel nommer 5, Carlien nommer 7 en Charne Coetzee nommer 8. Ek hoop van harte julle maak hieroor melding.
Goeie dag Me Coetzee
Baie dankie vir die inligting oor ons 2009 matriek presteerders. Dit is reggestel. Ons waardeer die ouers se insette met ons nuwe webblad. Jammer vir die uitlating. Die opstel van die nuwe webblad was ‘n groot werk in min tyd. Waar daar inligting oorgeslaan is, waardeer ons julle hulp.
Ons is belis baie trots op ons leerders en wil definitief met hulle spog!
Die webblad is ‘n projek in wording, daar gaan nog baie opgesit word!
As Jansie ouer (al ‘n paar jaar) EN oud Jansie is ek vir die 1e keer beindruk is met julle nuwe website. Dit is regtig baie indrukwekkend en volledig EN OP DATUM. Baie dankie en ‘doen so voort’
As Jansie ouer wil ek beaam wat Celia sê. Baie geluk met die nuwe webtuiste. Dis baie indrukwekkend. Hou so aan!
Dit was vir my great om in Jansen te wees. Die nuwe site lyk baie goed! Well done mense! As ek so na die fotos van die jaar kyk dan kry ek sommer hoendervleis, dit was vir my ‘n groot eer om ‘n Onderhoofseun te wees. Jansen het my baie lesse van die lewe geleer. En mens kan net die personeel en die hoof daarvoor dankie se..Jansen RocK!!