Ek het Matriek (of soos jul nou se GR 12) in 1985 voltooi. My tyd by E.G. Jansen was die beste tyd ooit.
Om die skool so te sien blom, is fantasties, en onthou, al is ons nie daar nie, en al woon ons in die verte, verneem ons graag gereeld hoe dit met ons alma mater gaan.
Julle doen ‘n wonderlike werk, en ek is meer trots as ooit tevore om te kan se dat ek ‘n trotse Jansie is.
Hou so aan.
